Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 3:6-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En as sy offer ’n stuk kleinvee is, as ’n dankoffer aan die Here, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.

7. As hy ’n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die Here bring

8. en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

9. Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die Here bring: die hele vetstert — naby die stuitjie moet hy dit wegneem — en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

Lees volledige hoofstuk Levítikus 3