Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 3:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die Here.

12. En as sy offer ’n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die Here bring

13. en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

14. Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die Here bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,

15. en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer — by die niere moet hy dit wegneem.

16. En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ’n lieflike geur. Al die vet behoort aan die Here.

17. ’n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 3