Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 27:17-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. As hy sy stuk land van die jubeljaar af heilig — volgens jou skatting, so moet dit bly.

18. Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar heilig, moet die priester vir hom die geld bereken na die jare wat tot die volgende jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.

19. En as hy wat die stuk land geheilig het, dit beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die geld van jou skatting daar byvoeg; en dit sal syne bly.

20. En as hy die stuk land nie los nie, of as hy die stuk land aan ’n ander verkoop, mag dit nie meer gelos word nie;

21. maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die Here heilig wees soos ’n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.

22. En as hy aan die Here ’n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,

23. moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as ’n heilige gawe aan die Here.

24. In die jubeljaar moet die stuk land terugkom aan hom van wie hy dit gekoop het, aan hom wat in besit was van die stuk land.

25. En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel van die heiligdom wees; die sikkel moet twintig gera wees.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 27