Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 26:40-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

40. Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen my gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,

41. sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,

42. sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.

43. Maar die land moet eers van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hul ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge ’n afsku gehad het.

44. Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die Here hulle God.

45. Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is die Here.

46. Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die Here tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 26