Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 25:39-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. En as jou broer by jou verarm en hom aan jou verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.

40. Soos ’n dagloner, soos ’n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;

41. dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die besitting van sy vaders teruggaan.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 25