Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 24:16-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En wie die Naam van die Here laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land — as hy die Naam laster, moet hy gedood word.

17. En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.

18. Maar hy wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe.

19. En as iemand aan sy naaste ’n liggaamsgebrek toebring — soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:

20. breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand — dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ’n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word.

21. Hy dan wat ’n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ’n mens doodslaan, moet gedood word.

22. Net een wet moet daar vir julle wees — die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die Here julle God.

23. Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die Here Moses beveel het.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 24