Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 21:4-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.

5. Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.

6. Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die Here, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.

7. Hulle mag geen vrou neem wat ’n hoer of ’n onteerde is nie; en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.

8. Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die Here wat julle heilig.

9. En as die dogter van ’n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.

10. En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek — hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.

11. En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;

12. en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die Here.

13. En hý moet ’n vrou in haar maagdelike staat neem.

14. ’n Weduwee of een wat verstoot is of ’n onteerde, of ’n hoer — hulle moet hy nie neem nie; maar ’n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,

15. dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die Here wat hom heilig.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 21