Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 18:9-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore — haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

10. Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter — hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.

11. Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is — sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

12. Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.

13. Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.

14. Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.

15. Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

16. Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.

17. Jy mag die skaamte van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 18