Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 18:4-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die Here julle God.

5. Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die Here.

6. Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die Here.

7. Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder — jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

8. Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.

9. Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore — haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

10. Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter — hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 18