Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 18:15-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

16. Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.

17. Jy mag die skaamte van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.

18. Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie.

19. Ook mag jy nie naby ’n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.

20. En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

21. En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die Here.

22. Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.

23. En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ’n gruwelike vermenging.

24. Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.

25. So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.

26. Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.

27. Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.

28. Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 18