Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 17:10-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. EN elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet — teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.

11. Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

12. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.

13. En elkeen uit die kinders van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat geëet mag word — hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;

14. want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.

15. En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ’n kind van die land sowel as ’n vreemdeling, moet sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.

16. Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, moet hy sy ongeregtigheid dra.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 17