Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 15:19-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. En as ’n vrou ’n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar onreinheid; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.

20. En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees.

21. En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein.

22. En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein;

23. en as daar iets op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.

24. En as ’n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.

25. En as ’n vrou lank ’n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, moet sy gedurende al die dae van haar onreine vloeiing wees soos in die dae van haar maandelikse onreinheid; sy is onrein.

26. Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos iets wat deur haar maandelikse onreinheid verontreinig is.

27. En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe onrein.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 15