Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 14:48-57 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

48. Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.

49. Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,

50. en die een voël in ’n erdepot oor vars water slag.

51. Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel.

52. So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.

53. Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.

54. Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte

55. en oor melaatsheid van klere en huise

56. en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,

57. om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.

Lees volledige hoofstuk Levítikus 14