Ou Testament

Nuwe Testament

Levítikus 14:26-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Ook moet die priester van die olie in die priester se linkerhand giet.

27. Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van die Here.

28. En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.

29. Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die Here.

30. Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig —

31. die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die Here.

32. Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging nie vermoënd is nie.

33. VERDER het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:

34. As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die land van julle besitting laat kom,

35. moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar ’n plaag in die huis is.

36. En die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.

37. As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk as die muur,

38. dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.

39. Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die huis,

Lees volledige hoofstuk Levítikus 14