Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:54-66 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

54. Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!

55. Kof. Ek roep u Naam aan, Here, uit die onderste kuil.

56. U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.

57. U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!

58. Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.

59. U sien, Here, my verdrukking; verskaf my tog reg.

60. U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.

61. Sjin. U hoor hulle smaadrede, Here, al hulle planne teen my,

62. die lippe van my teëstanders en hulle bedenksels die hele dag teen my.

63. Aanskou tog hulle sit en hulle opstaan, ek is hulle spotlied.

64. Tau. U sal hulle vergeld vir wat hulle gedoen het, Here.

65. U sal hulle gee verblinding van hart, u vervloeking oor hulle.

66. U sal hulle in toorn vervolg en hulle verdelg van onder die hemel van die Here uit.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3