Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:51-61 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

51. My oog gee my pyn oor al die dogters van my stad.

52. Sade. Hulle het my soos ’n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is;

53. hulle het my lewe in ’n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi.

54. Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my!

55. Kof. Ek roep u Naam aan, Here, uit die onderste kuil.

56. U hoor my stem; verberg u oor nie vir my ontboeseming, vir my hulpgeroep nie.

57. U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!

58. Resj. U, Here, verdedig my regsaak, U verlos my lewe.

59. U sien, Here, my verdrukking; verskaf my tog reg.

60. U sien al hulle wraaksug, al hulle planne teen my.

61. Sjin. U hoor hulle smaadrede, Here, al hulle planne teen my,

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3