Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:38-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

38. Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?

39. Wat klaag ’n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.

40. Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die Here bekeer;

41. laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel en sê:

42. Óns het oortree en ons was wederstrewig — Ú het nie vergewe nie.

43. Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.

44. U het Uself in ’n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;

45. U het ons ’n uitvaagsel en ’n wegwerpsel onder die volke gemaak.

46. Pe. Al ons vyande het hulle mond teen ons oopgerek;

47. skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3