Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:30-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.

31. Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.

32. Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;

33. want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.

34. Lamed. Dat hulle al die gevangenes van die aarde onder hul voete vertrap,

35. dat hulle die reg van ’n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,

36. dat hulle ’n mens onregverdig behandel in sy regsaak — het die Here dit nie gesien nie?

37. Mem. Wie spreek daar, en dit gebeur? Het die Here dit nie beveel nie?

38. Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?

39. Wat klaag ’n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3