Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:27-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Dit is goed vir ’n man dat hy die juk in sy jeug dra.

28. Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.

29. Laat hy sy mond in die stof steek — miskien is daar hoop!

30. Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.

31. Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.

32. Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;

33. want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3