Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:18-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op die Here.

19. Sajin. Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wildeals en die gif.

20. As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.

21. Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop:

22. Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;

23. hulle is elke môre nuut; u trou is groot.

24. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.

25. Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.

26. Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.

27. Dit is goed vir ’n man dat hy die juk in sy jeug dra.

28. Jod. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.

29. Laat hy sy mond in die stof steek — miskien is daar hoop!

30. Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.

31. Kaf. Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.

32. Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van sy goedertierenhede;

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3