Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:11-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot ’n woesteny gemaak.

12. Hy het sy boog gespan en my as ’n teiken vir die pyl opgestel.

13. He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.

14. Ek het ’n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag.

15. Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wildeals laat drink.

16. Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.

17. En U het my siel van die vrede verstoot, ek het die goeie vergeet.

18. Ja, ek het gesê: My roem het vergaan en my hoop op die Here.

19. Sajin. Dink aan my ellende en my omswerwing, aan die wildeals en die gif.

20. As my siel terdeë daaraan dink, buig hy hom neer in my.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3