Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 3:1-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. Alef. EK is die man wat ellende gesien het deur die roede van sy grimmigheid.

2. My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig.

3. Ja, altyd weer draai Hy die hele dag sy hand teen my.

4. Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek.

5. Hy het my met ’n bouwerk omsingel van gif en moeite.

6. Hy het my in donker plekke laat sit soos die wat lankal dood is.

7. Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.

8. Al skreeu ek ook en al roep ek om hulp, Hy laat my gebed onverhoord.

9. Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.

10. Dalet. Hy is ’n beer wat my voorlê, ’n leeu in skuilplekke.

11. Hy het my weë laat wegdraai en my verskeur, my tot ’n woesteny gemaak.

12. Hy het sy boog gespan en my as ’n teiken vir die pyl opgestel.

13. He. Hy het die pyle uit sy pylkoker in my niere laat ingaan.

14. Ek het ’n belagging geword vir my hele volk, hulle spotlied die hele dag.

15. Hy het my met bitter kruie versadig, my genoeg wildeals laat drink.

16. Wau. En Hy het my die tande op gruisklippertjies laat stukkend byt, my in die as neergedruk.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 3