Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 2:19-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die Here, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.

20. Resj. Aanskou, Here, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die Here priester en profeet gedood word?

21. Sjin. Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval; U het hulle gedood op die dag van u toorn, U het geslag sonder verskoning.

22. Tau. U het soos op ’n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die Here se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het — my vyand het hulle omgebring.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 2