Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 9:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe al die konings wat wes van die Jordaan woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, dit hoor,

2. het hulle bymekaargekom om soos een man teen Josua en Israel te veg.

3. Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat Josua met Jérigo en met Ai gedoen het,

4. het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;

5. ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog en verkrummeld.

6. So het hulle dan na Josua gegaan in die laer van Gilgal en aan hom en die manne van Israel gesê: Ons kom van ’n ver land af; sluit dan nou ’n verbond met ons.

7. Maar die manne van Israel het aan die Hewiete gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?

Lees volledige hoofstuk Josua 9