Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 4:21-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En hy het met die kinders van Israel gespreek en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken hierdie klippe?

22. dan moet julle dit aan julle kinders bekend maak en sê: Op droë grond het Israel deur hierdie Jordaan getrek,

23. deurdat die Here julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die Here julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;

24. dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die Here sterk is, sodat julle die Here julle God altyd mag vrees.

Lees volledige hoofstuk Josua 4