Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 24:27-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal ’n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die Here gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

28. Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy erfdeel toe.

29. En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud.

30. En hulle het hom begrawe op die grondgebied van sy erfdeel in Timnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die berg Gaäs.

31. En Israel het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die Here bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.

32. Ook die gebeente van Josef wat die kinders van Israel uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk grond wat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke gekoop het, en wat die kinders van Josef as erfdeel ontvang het.

33. En toe Eleásar, die seun van Aäron, gesterf het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seun Pínehas wat aan hom gegee was op die gebergte van Efraim.

Lees volledige hoofstuk Josua 24