Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

6. en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Íssaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;

7. en die kinders van Merári, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede.

8. So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die Here deur die diens van Moses beveel het.

9. Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:

10. die kinders van Aäron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang — want die eerste lot was vir hulle —

11. en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;

12. maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.

13. En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,

Lees volledige hoofstuk Josua 21