Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:34-45 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was — uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,

35. Dimna met sy weiveld, Náhalal met sy weiveld: vier stede.

36. En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

37. Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld: vier stede.

38. En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat ’n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

39. Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.

40. Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.

41. Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt-en-veertig stede met hulle weiveld.

42. Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.

43. So het die Here dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met ’n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.

44. En die Here het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met ’n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die Here in hulle hand gegee.

45. Geen woord van al die goeie woorde wat die Here met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

Lees volledige hoofstuk Josua 21