Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na Eleásar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,

2. en met hulle gespreek in Silo, in die land Kanaän, en gesê: Die Here het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.

3. Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die Here, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:

4. Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;

5. en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

Lees volledige hoofstuk Josua 21