Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19:28-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by Groot-Sidon;

29. dan draai die lyn na Rama en tot by die vesting Tirus; dan draai die lyn na Hosa en loop dood by die see, van die landstreek af wat na Agsib toe lê;

30. en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede met hulle dorpe.

31. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Aser volgens hulle geslagte; hierdie stede met hulle dorpe.

32. VIR die kinders van Náftali het die sesde lot uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle geslagte;

33. en hulle lyn was van Helef, van die eikeboom by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en Jábneël tot by Lakkum, en dit loop dood by die Jordaan;

34. dan draai die lyn in westelike rigting na Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon; en aan Aser raak dit in die weste, en aan Juda aan die Jordaan in die ooste;

35. en die versterkte stede: Siddim, Ser en Hammat, Rakkat en Kinnéret,

36. en Adama en Rama en Hasor,

37. en Kedes en Edréï en En-Hasor,

38. en Jireon en Migdal-El, Horem en Bet-Anat en Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.

39. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Náftali volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Lees volledige hoofstuk Josua 19