Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 18:21-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. En die stede van die stam van die kinders van Benjamin, volgens hulle geslagte, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,

22. en Bet-Áraba en Semaráim en Bet-el,

23. en Haäwim en Para en Ofra,

24. en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede met hulle dorpe;

25. Gíbeon en Rama en Béërot,

26. en Mispe en Kefíra en Mosa,

27. en Rekem en Jírpeël en Táreala,

28. en Sela, Elef en Jebúsi, dit is Jerusalem, Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin volgens hulle geslagte.

Lees volledige hoofstuk Josua 18