Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, nadie woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;

2. verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Átarot;

3. dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.

4. So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, ’n erfdeel ontvang.

5. En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte — die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;

Lees volledige hoofstuk Josua 16