Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 16:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, nadie woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;

2. verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Átarot;

3. dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.

4. So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, ’n erfdeel ontvang.

Lees volledige hoofstuk Josua 16