61. in die woestyn: Bet-Áraba, Middin en Segága,
62. en Nibsan en die Soutstad en Éngedi: ses stede met hulle dorpe.
63. Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe.