Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:28-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

29. Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte —

30. hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;

31. en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse — aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.

32. Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;

33. maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die Here, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het.

Lees volledige hoofstuk Josua 13