Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:23-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

24. En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;

25. sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Ároër wat teenoor Rabba lê,

26. van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir;

27. en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.

28. Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

29. Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte —

30. hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;

31. en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse — aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.

32. Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;

Lees volledige hoofstuk Josua 13