Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:16-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;

17. Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon

18. en Jahas en Kedémot en Mefáät;

19. en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,

20. en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;

21. en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.

22. By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.

23. So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

24. En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;

25. sodat hulle die grondgebied ontvang het van Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Ároër wat teenoor Rabba lê,

Lees volledige hoofstuk Josua 13