Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 13:13-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.

14. Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die Here, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.

15. En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;

16. sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Ároër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by Medéba;

17. Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Méon

18. en Jahas en Kedémot en Mefáät;

19. en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,

20. en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Hajésimot;

21. en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.

22. By hulle dooies het die kinders van Israel ook Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.

23. So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.

Lees volledige hoofstuk Josua 13