Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 1:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná die dood van Moses, die kneg van die Here, het die Here met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:

2. My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.

3. Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.

Lees volledige hoofstuk Josua 1