Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 4:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ’n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.

8. En met sonop het God ’n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

9. Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe.

10. Verder sê die Here: Jý wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.

11. Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?

Lees volledige hoofstuk Jona 4