Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 4:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Daarop sê die Here: Het jy rede om vertoornd te wees?

5. En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom ’n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur.

6. Toe beskik die Here God ’n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.

7. Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ’n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het.

8. En met sonop het God ’n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.

Lees volledige hoofstuk Jona 4