Ou Testament

Nuwe Testament

Jona 1:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Verder sê hulle vir hom: Wat moet ons met jou doen, sodat die see om ons heen kan bedaar? — want die see het hoe langer hoe onstuimiger geword.

12. En hy antwoord hulle: Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het.

13. Nogtans het die manne geroei om die skip weer land toe te bring; maar hulle kon nie, omdat die see hoe langer hoe onstuimiger teen hulle geword het.

14. Toe roep hulle tot die Here en sê: Ag, Here, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, Here, het gedoen na u welbehae.

15. En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid.

16. Toe het die manne die Here gevrees met ’n groot vrees en ’n slagoffer aan die Here gebring en geloftes gedoen.

17. En die Here het ’n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.

Lees volledige hoofstuk Jona 1