Ou Testament

Nuwe Testament

Job 8:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Nog is dit in sy volle groei — sonder dat dit afgepluk word — dan verdor dit voor al die ander gras.

13. So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;

14. sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is ’n spinnerak.

15. Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.

16. Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.

17. Sy wortels is gevleg oor ’n hoop klippe heen, ’n kliphuis deurboor hy.

18. As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.

19. Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!

20. Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.

21. Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,

22. sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose — weg is dit!

Lees volledige hoofstuk Job 8