Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:21-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

22. Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ’n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

23. Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

24. ONDERRIG my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

25. Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ’n bestraffing uit, van julle afkomstig?

26. Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van ’n wanhopige is vir die wind!

27. Ja, julle sou ’n wees uitloot en julle vriend verhandel.

28. Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

29. Keer tog terug — laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug — nóg is my geregtigheid daar.

30. Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

Lees volledige hoofstuk Job 6