Ou Testament

Nuwe Testament

Job 6:15-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. My broers het troueloos gehandel soos ’n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

16. wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg —

17. in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

18. Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

19. Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.

20. Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

21. So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

22. Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ’n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

23. Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

Lees volledige hoofstuk Job 6