Ou Testament

Nuwe Testament

Job 40:15-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.

16. Onder lotusbome lê hy, in ’n skuilplek van riete en moeras.

17. Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.

18. As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis ’n Jordaan teen sy mond.

19. Sal ’n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?

20. Kan jy die krokodil met ’n hoek uittrek? En met ’n tou sy tong afdruk?

21. Kan jy ’n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ’n haak deurboor?

22. Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?

23. Sal hy ’n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?

24. Sal jy met hom soos met ’n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?

25. Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?

26. Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met ’n vissersharpoen sy kop?

27. Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.

28. Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal ’n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

Lees volledige hoofstuk Job 40