Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:14-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

15. Toe skuif daar ’n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

16. Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — ’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ’n stem wat sê:

17. Sou ’n sterfling regverdig wees voor God? Of ’n man rein wees voor sy Maker?

18. Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

19. Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ’n mot.

20. Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.

21. Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.

Lees volledige hoofstuk Job 4