Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. VERDER is ’n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ’n gefluister daarvan opgevang,

13. by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.

14. Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.

15. Toe skuif daar ’n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

16. Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie — ’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ’n stem wat sê:

17. Sou ’n sterfling regverdig wees voor God? Of ’n man rein wees voor sy Maker?

18. Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.

Lees volledige hoofstuk Job 4