Ou Testament

Nuwe Testament

Job 4:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:

2. As ’n mens dit met ’n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou — wie kan dit?

3. Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.

4. Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.

5. Maar nou dat dit jóú oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóú tref, is jy verslae!

6. IS jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?

7. Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?

8. Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.

Lees volledige hoofstuk Job 4