Ou Testament

Nuwe Testament

Job 39:13-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?

14. Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?

15. Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?

16. Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit ’n sagaardige vleuel en veer?

17. Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;

18. en vergeet dat ’n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

19. Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs — sy is nie bekommerd nie.

20. Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

21. Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.

22. Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?

23. Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ’n verskrikking.

24. Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.

Lees volledige hoofstuk Job 39